Onse Vader wat in die hemele is,

laat u Naam geheilig word.

laat u koninkryk kom.

laat u wil geskied

soos in die hemel net so ook op die aarde.

Gee ons vandag ons daaglikse brood,

en vergeef ons ons oortredinge,

soos ons ook diƩ vergewe wat teen ons oortree,

en lei ons nie in versoeking nie,

maar verlos ons van die bose.

Want aan u behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid,

tot in ewigheid.

Amen.

Alle Gebede